Folk Tale

Die Wildedonkie en die pakdonkie

LanguageAfrikaans
OriginSouth Africa

‘n Wildedonkie sien die pakdonkie waar hy rustig in sy kampie staan en kou aan die allerlieflikste graskos wat in ‘n trog vir hom voorgesit word. Hy staan grootoog nader en komplimenteer die pakdonkie op sy voortreflike toestand en sigbare goeie gesondheid. Maar nie lank daarna nie sien die wildedonkie weer die pakdonkie – hierdie keer nie in die son aan die peusel nie, maar met ‘n sware vrag op sy rug, gebukkend ook onder die sweepslae van sy aandrywer aan die voortsukkel mark toe. Dis toe dat die wildedonkie tot die volgende slotsom kom: “Daar is nie ‘n manier dat ek óf jou gunstige omstandighede of jou tiptop kondisie verder gaan bewonder nie, veral nie nadat ek nou die prys gesien het wat jy moet betaal om so voortvarend daar uit te sien nie.


Text view