trans-9184

Die jakkals en die kraai

ATU57
LanguageAfrikaans
OriginGreece

Meneer Reynard die jakkals het eens gesien hoe ’n kraai met ’n stuk kaas in sy bek wegvlieg en op ’n tak gaan sit.

"Dis eintlik vir my, want ek is ’n jakkals," het meneer Reynard gesê en na die voet van die boom toe gestap.

“Goeiedag, mevrou Kraai,” het hy uitgeroep. “Hoe goed lyk jy nie vandag nie: jou vere blink so mooi en jou oë is so helder. Ek is seker jou stem is mooier as al die ander voëls s’n. Laat ek net een van jou liedjies hoor sodat ek jou die Koningin van alle voëls kan noem.”

Die kraai, wat eintlik werklik nie baie goed kon sing nie, het haar kop opgelig en het op haar heel beste begin kras. Maar die oomblik toe sy haar bek oopmaak, het die stuk kaas op die grond geval. Meneer Reynard het dit natuurlik onmiddellik opgeraap.

“Dis genoeg,” het hy gesê. “Dis al wat ek wou hê.”

Hy het opgekyk na die kraai en gesê: “In ruil vir die kaas gee ek jou ’n stukkie advies vir die toekoms: Moenie vleiers vertrou nie."


Download XMLDownload textStory